Die “pa” van Inikak!?
‘n Breinkind moet sekerlik ‘n “brein-pa” hê… of hoe? Dit maak net sin!
So… die “pa” van inikak… en die brein agter die idee van die stigting van die inikak gemeenskap, is Pieter Cloete, die entoesiastiese, oorspronlike Inikak-man.
As mens so na Pieter luister, kan jy verstaan waarom hy die inikak gedagte so bietjie meer lugtyd wil gee op ‘n lekker tong-ini-kies manier.
“Ek was maar gereeld inikak ….. soms darem ook daaruit… met trial en error… veral in die besigheidswêreld. My eerste besigheid, toe ek nog op skool was, was om ‘n paar varke groot te maak en te verkoop… en nee, ek is nie die vader van varkgriep nie, en het ek ook nie die varkies aan skoolkinders verkoop nie. Die varkies was maar meer ini-modder, en ek so af en toe ini jy-weet-wat… wanneer dit my meer gekos het om hulle groot te maak as wat hulle my ini-sak gebring het.”
Ini grootmenswêreld het Pieter besef dat die “skool-varkboer-gevoel” nooit werklik weggaan nie; soos ons almal maar…soms inikak en soms daaruit!
Die entrepreneur-stem in hierdie eertydse varkmagnaat het het egter nooit tot ruste gekom nie, en in 2005 begin Pieter ‘n promosie en event besigheid, Project Pro Promotions, saam met ‘n vennoot. Na ‘n jaar se trial en error en ini-en-ydikak wees, het die venootskap so bietjie suur gedraai… en Pieter leer dat die ou gesegde wel waar is… “the only ship that never sails is a partnership”.
Maar… ini- of ydikak… Pieter is nie ‘n ou wat gaan lê nie, en in 2008 begin hy PAC Produksies, wat al ini kringe beweeg van prominente kliënte soos Distell, Pernod Ricard en talle ander.
Sy sukses en ondervinding in die PR- en bemarkingsveld was die fondasie van nog ‘n verdere lekker ydikak ervaring of twee. Hy was onder andere deel van die span wat die 2009 Pick n Pay Oyster & Wine Mar
di Gras gereël het, een van die spog geleenthede van die Knysna Oesterfees. In 2009 is Pieter ook genader om te help met die bemarking van ‘n reeks natuurlike gesondheidsprodukte, GoLife, waar hy tans ook betrokke is as nasionale bemarkingsbestuurder.
Pieter, die energieke in-en-ydi-kak ex-varkboer, is nog sommer vol planne vir die toekoms. Sy omwentelinge in die sosiale media omgewing het van hom ‘n expert in hierdie veld gemaak, en hy beoog onder andere om binne die volgende drie jaar ‘n boek uit te bring wat entrepreneurs kan help met dinge soos aanlyn-bemarking.
Mens sou maklik dink dat iemand met soveel passie vir die sosiale media ‘n kuber-zombie behoort te wees… maar baie beslis nie Pieter van inikak nie! Sosiale media is ‘n baie groot werklikheid… en met sy joviale persoonlikheid en lus vir die lewe wil Pieter juis ‘n platform skep waar mense wat nog regtig mens is, op ‘n lekker tong-ini-kies manier met mekaar kan skakel.
En ja… vandaar die idee van inikak.co.za … die anti-kuber-zombie sosiale kuberkuierplek vir regte mense met persoonlikheid … varkboer of te not… jy’s welkom hier… ini- of ydikak!


