Ek is maar ‘n “sucker” vir ‘n lekker “curry” en het toe besluit om so paar vinnige vraagies vir die pragtige sjef (moenie my gloe nie – kyk die kiekie hieronder!) te gaan gesels! Dit is die moeite werd om haar boek aan te skaf!
Waar is jy gebore?
Ek is in Durban gebore.
Waar het jy skool gegaan?
Ek het die meerderheid van my skooljare in Durban deurgebring, en in Gr 11 het ons na Johannesburg verhuis.
Hoe het jy jou passie vir kos gekry?
Ek was baie bevoorreg om groot te word in ‘n familie waar die kombuis die hart van die huis was. Ons het selfs ons huiswerk by die kombuistafel gedoen!
Wat is jou gunsteling Kerrie?
Beslis skaap kerrie met sagte aartappels.
Moet kerrie’s altyd so warm wees? (Mond brand warm?)
‘n Kerrie word gewoonlik beskou as ‘n brandrissie-warm gereg, maar dit moet tog geurvol wees. Dit gaan eintlik oor die kombinasie van verskillende speserye en nie net oor die sogenaamde hitte van die gereg nie. Dis die rooi brandrissie-poeier wat die “hitte” aan ‘n gereg gee. Ek stel gewoonlik dat die hoeveelheid van die brandrissie gehalveer moet word om die hitte van die gereg te verminder. Op die manier kan ‘n mens die perfekte kerriegereg maak en met geure soos koliander, komyn, garam masala, en borrie speel sonder dat jou sokkies afgeblaas word van die hitte.
Wat is jou gunsteling drankie?
Pienk sjampanje omdat die lewe elke dag gevier moet word. Daar is so baie dinge waaroor gevier kan word soos gesondheid, liefde en geluk.
Lassie (indiër jogurt drankie) of Brandewyn en Coke?
Brandewyn en Coke asseblief!
Wat is jou gunsteling dorp/stad in Suid-Afrika?
Daar is so baie pragtige dorpe en stede in ons land, maar ek het onlangs Knysna by my lys gevoeg. Ek het nou net terug gekeer van ‘n vakansie in Knysna en dit was wonderlik gewees! Dit was ook ‘n gourmet ervaring gewees. My ander gunsteling plekke is Kalkbaai, Hermanus, Franschhoek, en beslis Durban omdat dit my geboortestad is.
Ons het ‘n voëltjie hoor fluit dat jy ook jou eie boek gepubliseer het. Vertel ons meer.
Ek het eintlik al twee boeke gepubliseer. My eerste boek, Curry Me Home, is twee jaar terug gepubliseer en dit bestaan uit ‘n klein versameling van my gunsteling resepte. Die volgende boek, Curry Me Home….Again is vrygestel in Augustus 2010. Ek het destyds besluit om die boek self te publiseer sodat daar donasies gemaak kon word aan ‘n welsyn organisasie. Elke boek wat verkoop is het ‘n bydrae van R10 gelewer aan die Starfish Greathearts Foundation. Dis ‘n wonderlike organisasie wat hoofsaaklik op HIV/AIDS weeskinders fokus. Ek is tans besig met my derde boek wat ook ‘n bydrae gaan lewer aan ‘n welsyn organisasie.
Wat doen jy in jou vrye tyd?
Met drie kinders en twee Afghan honde en ‘n opwindende loopbaan beskik ek nie oor baie vrye tyd nie. Indien ek vrye tyd sou hê, sou ek verseker gekies het om te kook.
Was jy al ooit inikak? En wat het jy aangevang?
Ek was gereeld inikak gewees. Om eerlik te wees, ek sou nie gewees het wie ek vandag is as dit nie vir al die inikak tye was nie. Inikak was die begin punt van vele wonderlike avonture wat begin het met onverwagte moeilike omstandighede. Kom ons sê net ek was meermalig in die stoute hoekies.
Waar kan ons meer weet van jou resepte en waar kan ons jou boek bekom?
Daar is resepte en bestanddeel lysies op my webwerf www.yudhika.com. My e-pos adres is hetals@iafrica.com of jy kan my kontak by 079 511 0952.

